BKMT READING GUIDES
Misverstand (Afrikaans Edition)
by Marita van der Vyver
Paperback : 272 pages
0 club reading this now
0 members have read this book
Tot sy skaamte is dit ...
Introduction
Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem.
Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken. Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars. Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. ’n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.
See:
Discussion Questions
No discussion questions at this time.Book Club Recommendations
Recommended to book clubs by 0 of 0 members.
Book Club HQ to over 90,000+ book clubs and ready to welcome yours.
Get free weekly updates on top club picks, book giveaways, author events and more
